Vallei van Sluiers
Het jy gehoor?

Wat gaan dié seisoen in Vallei van sluiers gebeur?

SARIE.com het onlangs agter die skerms gaan kuier op die Vallei van sluiers-stel waar hulle aan die nuwe reeks skiet wat vanaand op kykNET begin (20:00 DStv-kanaal 144). Ons het ook by ons gunsteling-karakters gehoor wat ons dié seisoen kan verwag …

Die tweede seisoen van Vallei van sluiers het tot ’n einde gekom waar Oom Boykie (André Rossouw) in die hospitaal is ná ’n beroerte. Op die liefdesfront het dinge ook nie goed geëindig nie – sake tussen Jacques (Nico Panagio) en Monique (Jana Fischer); Con (Nic de Jager) en Emma (Mihele Burgers); en Beulah (Tinarie van Wyk-Loots) en Bertito (Charl Timotheus) is nie goed nie. Boonop staan Hugo (Stain Bam) en Hannah (Sophia Passerini) op skei. En dan maak Chloe (Yvonne van den Bergh) ook onverwags weer haar verskyning in die vallei …

Yvonne terug in Vallei van sluiers – lees meer HIER

In seisoen 3 …

… gaan die vonke spat! Sonder om te veel van die derde seisoen se storielyn weg te gee, het al die akteurs een ding onthul – drama, drama, drama is in byna elke karakter se lewe.

Die eerste twee reekse van vervaardiger Johan van Jaarsveld se Vallei van sluiers het kykers voor hul televisies vasgenael. Elretha Britz meen dat Vallei van sluiers al die bestanddele het vir ’n baie goeie Afrikaanse reeks – baie soos die reekse Agter elke man en Verspeelde lente van die 1980’s.

En dié seisoen is daar baie geheime. Wat SARIE.com wel mag verklap is dat hier groot drama op pad is.

Vallei van sluiers vertel die verhaal van Bolandse plaasfamilies, die De Bruyns, die Robertse en die Van Rhijns én van die mense wat met dié drie families se onmin, twiste en skandale betrek word.

Daar is ook ’n nuweling in die vallei wat die vere bietjie kom skud, maar waar pas hy presies in? Hou SARIE.com dop vir dié scoop!

Hier is wat die sterre sê oor die nuwe reeks:

Op die stel …

In die Vallei van sluiers-klerekas

Jana Fisher (Monique) besig om haar hare te doen

 Regisseur Elizabeth Archer saam met die akteurs

Besig om te repeteer

Waarna sien jy die meeste uit tydens dié seisoen van Vallei van sluiers? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!