img_0796_1_
Het jy gehoor?

Sarie.com praat met Elvis Blue: “Ek’s erg emosioneel”

Net minder as twee en ’n half miljoen kykers het die laaste week vir hul gunsteling-Idols-deelnemer gestem. Sowat 64% van dié stemme het aan die 30-jarige Elvis Blue van George gegaan.
 
Hoe voel jy op hierdie oomblik?
Erg emosioneel. Ek voel soos jy voor jou 30ste of 40ste verjaardag voel. Jy weet daar is iets groot besig om te gebeur. Dis te groot om presies te kan sê hoe ek voel.
 
Hoekom het jy besluit om die prysgeld van R500 000 te deel?
Ek en L’loyd het ’n ruk gelede gesels en ’n ooreenkoms aangegaan. Ons het besluit maak nie saak wie wen nie, ons gaan die geld deel. Ons was amper sewe maande van ons lewe besig met Idols. Ons het gereken óf net een van ons kan met R500 000 wegloop óf ons elkeen kan R250 000 kry.
 
Wat beplan jy om met jou prysgeld te doen?
Ek’t vir die laaste tien jaar geen geld uit musiek gemaak nie. Die lirieke uit “Golddigger” wat ek tydens die kompetisie gesing het, ‘she gives me money’, is nogal waar.  Dis die storie van my lewe dat my vrou vir my geld gee. Ek wil die wengeld graag gebruik om my gesin te ondersteun.
 
Hoe dink jy het jy mense geïnspireer deur aan Idols deel te neem?
Ek wou al soveel keer tou opgooi, maar my vrou het nog altyd gesê ek mag nie. Ek hoop ek het mense geïnspireer om aan te hou. Om musiek te maak is nie iets wat jy kies nie, dis wie jy is.
 
Watter het jy uit Idols geleer?
Ek was nog altyd bang oor wat mense van my dink en sê. Idols het my geleer om kritiek te hanteer. Dis nie iets waarmee ek ooit heeltemal gemaklik sal wees nie, maar ek hanteer dit al beter as in die verlede.
 
Jy’s goeie vriende met Heinz Winckler wat die eerste reeks van Idols gewen het. Sal jy saam met hom wil werk?
Dit sal lekker wees om iets saam Heinz aan te pak.
 
Wat laat jou uitstaan as musikant?
Ek skryf my eie liedjies. Ek dink dit tel in my guns.
 
Saam met wie sal Elvis Blue graag ’n verhoog wil deel?
Lady Smith Black Mambazo
Mango Groove
 
Dié plaaslike musiekkunstenaars is L’loyd Cele se gunsteling:
Lira
Loyiso
The Parlotones
Prime Circle
FreshlyGround

  • Landie

    Ai man Elvis, jy het ons trots gemaak. En jou vroutjie en dogtertjie is net so pragtig soos jy. Geniet hulle en pas hulle op!!! Hulle is jou waardevolste besittings!!!

  • Renee

    Elvis baie geluk met jou wen in idols…wat n ware Idol was jy nie, Ai ons is so trots op jou. Jy is amazing en so ook jou nederige vroutjie en jou pragtige dogtertjie. Wens jou net alle voorspoed toe en many blessings.

  • Thea Grobler van der Nest

    Hoe meer ek van jou te hore kom, hoe meer swel my bors van trots – om te dink dat SA die enigste land is wat so ‘n besonderse & waardige idol het – jy’s werklik ‘n ambassadeer vir ons land & verteenwoordig ons almal wat aanhou probeer & nooit opgee nie – jy’s ons inspirasie vir die toekoms – seën & geluk vir jou & jou gesin!

  • http://bnizpdcjkyia.com/ hxtpwmi

    JM2Kq9 bvqqhisdeeww, [url=http://flwblxtrtzgs.com/]flwblxtrtzgs[/url], [link=http://ejrhhkykzlqv.com/]ejrhhkykzlqv[/link], http://unwbdaggfgda.com/