sr08moodsgreen01rz
Het jy gehoor?

SARIE dink aan almal in Christchurch

Daar is reeds bevestig dat 65 mense oorlede is en honderde is in die puin van vele geboue vasgekeer. Die aardbewing het tydens middagete plaasgevind, en die Christchurch Cathedral in die middestad – ’n bekende toeriste-attraksie – het in die slag gebly, berig Beeld.

SARIE-lesers het op ons Facebook-blad hul medelye aan vriende en familie in Christchurch oorgedra:


Annette Van Niekerk:
Ons is in Noord Eiland, maar het vriende in Christchurch en weet nog nie of hulle veilig is nie?

Marianne Agenbag-Uys: In Auckland Noord Eiland, maar familie en vriende in CHCH. Ons gedagtes met almal.


Marzanne Krogmann:
Ons is in Wellington en het hom effens gevoel. Dis vreeslik hartseer maar wonderlik hoe almal net help en die redingsspanne vinnig reageer.

Madeleine van Rooyen: Ons is veilig in Wellington, ons gebede is met almal in Christchurch. Te veel onsekerheid op hierdie stadium om die totoale impak te weet.

Katinka Du Preez: Niemeijer My vriendin Kinua Venter is daar. Haar man het laat weet sy en haar 5-jarige seuntjie is veilig.


Rene-Kobie Duvenhage:
Ons bly in Te Anau so 500 km van Christchurch af en ons het die aardbewing tot hier gevoel !!!

Juanita Riley: Ons is in Auckland op die Noord Eiland en ons gebede is met almal in ChCh en omgewing. Ons volg dit al heelmiddag op tv en dit is net amazing hoe almal saam werk in hierdie vreeslike hartseer en onseker tyd.


Anna-Mart Loots:
Ek het 3 seuns wat minder as 10 dae gelede daarheen is om te studeer aan die Universiteit!!! Hulle is almal veilig en ek het met hulle geskype. Die skokke hou nog omtrent heeltyd aan maar is nie so erg nie. Ons kan maar net bid dat die Vader almal daar sal beskerm en bewaar.

  • Jenny Nel

    Het Famielie In Auckland Noord Eiland,ons gebede is met almal in Christchurch. Ons hier in SA bid vir julle.

  • Marine Swart

    Ons woon in Dunedin – 4 ure suid van Christchurch – en het dit tot hier gevoel. Wonderlik om te sien hoe almal saamstaan en orals probeer help wanneer ‘n tragedie so ‘n klein land tref.

  • Estelle

    My broer se dogter en haar man woon in Christchurch. Ons is oneindig dankbaar dat hulle niks oorgekom het nie. My hart gaan uit na almal wat ‘n geliefde verloor het of die wat nog onder die puin begrawe is. Ons bid vir julle.

  • Loretta

    My broer bly in Aucland, sy seun in Dunedin en het familie in ChCh, almal is veilig, dank die Here daarvoor. My hart is seer vir diegene wat geliefdes verloor het. Dink aan julle en bid vir julle. Sterkte ook vir die wat nog wag om te hoor wat van hul geliefdes geword het, mag die Here gee dat hulle veilig is.

  • Annette Teubes

    Ons hele Fam. hier in Australie is in gedagte met julle wat geliefdes in Christchurch het.Dit bly ‘n groot skok as dit enige plek oor die wereld tref. Ons kan maar net bid dat die Heer Sy Vertroosting sal laat geskied oor almal wat Sy Naam aanroep.

  • Hyla

    Sterkte – ons bid en dink aan julle…