citadel_awards_2009_311
Het jy gehoor?

Prys vir SARIE-joernalis

Sy het met skrywers van gevestigde finansiële tydskrifte meegeding en die prys gekry vir ‘n reeks artikels waarin sy spesifiek vir SARIE-lesers riglyne en inligting oor finansiële sake gee. Die verbruikerskategorie was vanjaar die grootste en daar was altesaam ses finaliste. Weens die moeilike ekonomiese markomstandighede verlede jaar het Riette se artikels gefokus op hoe om jou bates te behou, uit die skuld te kom en skuld te verhoed.

“Baie dankie aan my getroue lesers, die SARIE-redaksie wat my werk so goed laat lyk en aan Citadel wat harde werk raakgesien het . . . Nie sleg vir ‘n joernalis wat op skool met wiskunde gesukkel het nie!” het Riette skertsend gesê.