011210skh001r
Het jy gehoor?

SARIE KOS Somer vandag op die winkelrakke!

SARIE KOS, bekroonde kostydskrif uit die SARIE-stal, se somer-uitgawe word vanaf Woensdag 8 Desember op winkelrakke landwyd uitgepak. Dis ‘n somerfees met kosstories en -resepte wat jou mond sal laat water. In Pretoria het ons die lekkerste aartappelslaai in die land gevind. Ons loer ook wat top-sjefs soos Chantal Dartnall, Reuben Riffel, Bertus Basson, Richard Carstens en Marthinus Ferreira, eet wanneer niemand kyk nie! (Nee, ons gaan niks verklap nie!)

Kosskrywer Errieda du Toit skryf ook oor “kouevleis vir die cooler as ekkes” en Nataniël gaan op ‘n ‘trip’ oor ‘n ‘reis op die bord’.

Ons wil hê julle moet lékker eet, maar gesond. Hier is raad van die kenners oor hoe om gesonde happies vir werk in te pak:

* Appels en grondboontjiebotter – Pak vir jou groen appels in saam met ’n houertjie grondboontjiebotter. Sodra die hongerpyne knaag, skep jy ’n lepel uit en doop appelskywe in die botter vir ’n lekker happie. Dit hoef nie sout- en suikervry te wees nie. Die growwe een is baie lekker.

* Maaskaas en wortelstokkies – Maaskaas is propvol proteïene wat goed is vir jou. Eet saam met gesonde wortels vir ’n gebalanseerde happie.

* Handvol neute – Al bevat neute heelwat vet, is ’n handvol rou neute ’n lekker gesonde peuselhappie terwyl jy werk. Dit keer dat jy gou honger word.

* Laevet-jogurt, vrugte en granola – Altyd iets lekkers om te eet sodra jy honger raak. Jy kan selfs ’n bietjie heuning oorgooi.

HIER IS ‘N VOORSMAKIE VAN WAT JY IN JOU SOMER SARIE KOS KAN VERWAG! Dis die perfekte Kersgeskenk!