fanie_big
Het jy gehoor?

SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek

Die rolprent se voorlopige titel is Platteland en dit word vroeg-Januarie in die Vrystaat verfilm. Fanie het ‘n kameerol as die plaaslike koerantfotograaf.

Hy is ook destyds ‘n rol in die Willie Esterhuizen-trefferfliek Poena is koning aangebied, maar kon dit weens sy besige skedule nie aanvaar nie. 

Die rol in Sean Else se fliek is ‘n kleine, maar Fanie is nietemin opgewonde om daaraan te werk. Hy begin binnekort met toneelklasse by die veteraan-verhoogakteur, André Odendaal, wat bekend is vir sy rol as Botha in kykNET se Getroud met rugby.