herman_klein_bw
Het jy gehoor?

SARIE se Herman op ‘Kokkedoor’

Kokkedoor, die nuwe Afrikaanse realiteits- kookkompetisie, toets in die vyfde episode die deelnemers se talente met poedings – en wie beter om hand by te sit, raad te gee én te beoordeel as SARIE se kosredakteur, Herman Lensing? Hy is van kindsbeen af lief vir soetgoed!

En in dié episode is daar oorgenoeg soetgoed – van sago-poeding tot souskluitjies en vla! 

HIER is die lokprent vir vanaand se Kokkedoor-episode, ‘Poedings vir soettande en suikerbekke':

Kokkedoor is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).