Het jy gehoor?

SARIE se Junie-uitgawe laat op straat

Die Junie-uitgawe van SARIE sal eers vanaf môre (Dinsdag 18 Mei) na die grootste gedeelte van die land versprei word en sal teen Donderdag 20 Mei oral in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Intekenaars se kopieë sal teen Maandag 17 Mei gepos word. ‘n Operasionele probleem op die bindmasjien by die drukkery is ongelukkig die rede vir die laat lewering.

Jammer vir enige ongerief!