Het jy gehoor?

Word deel van SARIE + BORG se Random Act of Kindness-veldtog!

Vanjaar wil ons welwillendheid versprei – en jy kan deel wees daarvan!

Welwillendheid of kindness is die taal wat die dowe kan hoor en die blinde kan sien, sê Mark Twain. En dít is dié taal wat SARIE vanjaar wil praat. En ons nooi jou uit om saam met ons en BORG dít te doen!

Ons gebruik die gewilde Random Act of Kindness-konsep en daag jou uit om ten minste een van ons 50 aktiwiteite te doen.

Goed vir almal

Nie net gaan jy iemand anders se lewe opkikker nie, jy self trek ook voordeel daaruit, want studies sê deur iets goed vir iemand anders te doen baat ook jou eie welstand!

Skryf daaroor, neem ’n foto of maak ’n video daarvan, want wanneer ons goeie dade aanskou, het dit min of meer dieselfde effek as wanneer jy self die goeie daad doen én boonop inspireer jy ander om dit ook te doen!

Hoe werk dit?

1) Kies ’n random nommer tussen 1 en 50 (of gebruik die sakrekenaar hieronder om een vir jou te kies).

2) Klik op die nommer. Dit sal jou na ’n volgende bladsy neem en vir jou sê wat jóú random act of kindess is.

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 |
41 | 42 | 43 | 44 | 45 | 46 | 47 | 48 | 49 | 50

3) Doen dié daad vir ’n random persoon. Probeer dit op ’n manier vasvang soos met ’n foto, video of skryf daaroor. Deel dat dan met ons op sosiale media met #SARIEBORGkindness of e-pos die na lucelle.hough@sarie.com.

4) As die persoon vir jou vra waarom jy dít doen, vertel vir hulle van dié veldtog en vra hulle om asseblief ook deel te neem.

* Jy kan ook al 50 goeie dade uitdruk en uitknip en random een uit ’n hoed trek. Beter nog, druk dit uit vir jou kantoor of skool en daag jou vriende en kollegas uit om ook deel te neem. Laai dit HIER af.

Doen jou klein bietjie goed waarookal jy is. Dit is die klein bietjies saam wat die wêreld oorweldig.

– Aartsbiskop Desmond Tutu

{Do your little bit of good where you are; it’s those little bits of goodput together that overwhelm the world}