Het jy gehoor?

VIDEO: Dís hoe jy ’n meisie kry – Sing sing soen met Bouwer & Bennie

Verbeel jou jy moet bekende Afrikaanse lirieke gebruik om iemand op te chat… in die publiek.

Bennie & Bouwer gebruik dié week Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke in ’n eerste episode van #singsingsoen, ’n nuwe video-reeks op SARIE.com – vervaardig deur Bouwer Bosch Films.

Kyk wat dié manne regkry… dis skreeusnaaks!

#singsingsoen

Meer oor dié twee:
Bouwer Bosch is bekend as musikant, vervaardiger, akteur, TV-aanbieder en skrywer. Bennie Fourie is nuut op die toneel, maar het reeds sy merk gemaak toe die kortfilm Vuil wasgoed wat hy geskryf en die regie behartig het vanjaar as Beste Kortfilm tydens die kykNET Silwerskermfees aangewys is. Bouwer was die vervaardiger van dié kortfilm en hulle albei het die hoofrolle daarin gespeel.