Het jy gehoor?

SARIE terug by die AbsaKKNK

Ons is vanjaar vanaf 29 Maart tot 5 April 2014 terug wees by die AbsaKKNK om saam
20 jaar van die kunste te vier!

Waar kuier ons?

Ons bring bedags die gewilde SARIE-restaurant na die vierkant van die CP Nel-museum en saans tussen 18h00 en 20h00 omskep ons dié restaurant in ’n tapas-kuierplek. Kom drink skemerkelkie, bestel ’n kaasbord of kom sit agteroor en luister na agtergrondmusiek.

nuusbrief-24-Feb-MAART_02

Kom loop deur die SARIE-wêreld

Binne 4 vertrekke van die CP Nel-museum word die SARIE-wêreld geskep en ons nooi jou om te kom kuier.

Dek ’n Karoo-tafel

Die SARIE WOON-span, Lounette Fourie en Anita Rossouw, kom dek die fees se mooiste Karoo-geïnspireerde tafels. Daar is mooigoed te koop en hulle sal al jou dekor-vrae daar beantwoord.

ss0603visser12.tif

Kom shop!

Die SARIE-aanlynwinkel, binne Spree, kom wys jou hoe maklik dit is om aanlyn te koop. Ons styl- en sosiale-redakteur, Fanie Cronjé, gaan al jou stylvrae beantwoord.

nuusbrief-24-Feb-MAART_03

Voorbladgesig by die fees!

In die digitale vertek kan jy SARIE.com en ons sosiale media-platforms regstreeks volg. Ons Voorbladgesigwedstryd skop ook eksklusief by KKNK af – kom neem jou foto!

Spesiale SARIE-feesaanbod

  • SARIE April-uitgawe @ R25
  • SARIE KOS Apr/Mei  (nou ook in engels) @ R35
  • SARIE KAROO – spesiaal vir KKNK20 @R35
  • Teken in op SARIE (gedruk en digitaal) en ontvang ’n geskenk!

Moet-sien-produksies by AbsaKKNK20

  1. Sandra Prinsloo-marathon: Die Naaimasjien, Vir Ewig en Altyd, Wie is bang vir Virginia Woolf?
  2. Land van Skedels deur Nicola Hanekom
  3. David Kramer – unplugged
  4. Leonard Cohen in Afri-Kaans (deur SARIE se Koos van der Merwe)
  5. Laurinda Hofmeyr – ’n Perd van ’n ander kleur
  6. Klein Karoo 20 Jaar Pops
  7. Ballade van ’n banggat – Tobie Cronje
  8. Voorskoot & Lipstiek (met SARIE se kosredakteur Herman Lensing)