sarie_des
Het jy gehoor?

SARIE vandag al in die Kaap beskikbaar

Die Desember-uitgawe van SARIE sal vandag reeds (Vrydag 6 November) in die Kaapstad-omgewing beskikbaar wees. In die res van SA sal SARIE teen Maandag 9 November op die rak wees.

Kry jou SARIE vandag hier:

Weskus: Alle gebiede tot by Melkbosstrand (Malmesbury uitgesluit)
Noord: Alle gebiede tot voor die Hugenote-toneel
Suid & Oos: Alle gebiede tot voor Sir Lowry’s-pas

In jou nuwe SARIE:

  • Lees ons onderhoud met Amor Vittone oor die 12 lewenslesse wat sy vanjaar geleer het. Plus: Jy kan een van 10 van haar nuwe CD’s, Glo altyd aan môre, wen.
  • Nataniël speel Betlehem se ster
  • Ons praat met die Bokke se no.1, John Smit – man van geel rose en slaaptydstories
  • Izak de Villiers groet ons vir oulaas
  • Kersfees is vir saamkuier – die kos, die mode en die dekor!

**Onthou om jou eerste uitgawe van SARIE WOON op die rak te kry

  • Hyla

    Het gisteraand Amor se verhaal gelees in Sarie – my hart wou breek! Ek kan my nie indink hoe moet n vrou voel na so n openbaring van haar ‘man’ nie! Sy is pragtig – ou Joost het alles weggesmyt met sy simpele optrede….hoop regtig sy het al sy tassie uitgegooi by die deur want wragtig, geen vrou verdien om so verneder te word nie… hy behoort hom te skaam!