FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

SARIE VBG-finalis skitter saam met Mathys Roets

Portia Moemedi, een van die top-10 finaliste in verlede jaar se SARIE Voorbladgesig, het vanoggend sak en pak Johannesburg toe getrek. Haar rede? Sy het ’n aanbiedersrol losgeslaan by die SABC!

En nie net enige rol nie, sy gaan mede-aanbieder wees van die Afrikaanse sanger Mathys Roets! En dit het omtrent vinnig gebeur. Sy het gister gehoor, haar werk bedank, vanoggend gevlieg en begin môre skiet.

Portia is lief vir Afrikaans. Sy noem haarself ’n “Kalahari-nooi wat lief is vir die taal”. En het aan die Afrikaansmedium Hoërskool PJ Olivier in Grahamstad, Oos-Kaap, haar skoolloopbaan voltooi.

“Portia het nog altyd ’n groot hart gehad en het altyd die ekstra myl gestap saam met iemand. Dit is ’n besonderse eienskap,” het haar oud-skoolhoof, Joubert Retief, aan SARIE gesê.

Retief sê hulle is “verheug dat Portia hoë hoogtes bereik”.

“Met haar aansteeklike lag was sy altyd passievol. En sy kon haar mening gee, veral oor iets waaroor sy sterk voel, en het dit op ’n stylvolle manier gedoen,” vertel hy verder.

FOTO Instagram / @pookiportia

FOTO Instagram / @pookiportia

Portia het gister op sosiale media haar mening gelug oor die rassekwessie van die omstrede kleredragkode by die Pretoria High School for Girls. Gister het “leerlinge kapsie gemaak teen dié skool se beleid teen haarstyle soos afro’s, rastalokke en oor vlegsels,” berig Netwerk24.

“Dankie, Hoërskool PJ Olivier, dat ek my natuurlike hare met trots kan dra! Ek het skoolgegaan terwyl ek my hare in sy natuurlike vorm laat rock het. Op geen punt het my skool my gevra om dit reguit te maak nie. Kan Pretoria Girls High by my ou skool leer (om te dink dit was net Afrikaans),” het sy geskryf.

Volgens Retief moedig dié skool kinders aan om hul eie kultuur met trots uit te leef.

“Elke liewe kind is uniek en het ’n reg om hul kultuur uit te leef. Dis wat ons vir die kinders wil leer.”

Dis wat Portia op Facebook geskryf het: Screen Shot 2016-08-30 at 2.37.33 PM

Lees nou

Justin Bieber laat spat 8 wêreldrekords!

Lena Dunham in onderklere-veldtog

Walvis sê dankie ná mense hom red