oucoversaam
Het jy gehoor?

SARIE VOORBLADGESIG 2015: Is jy ons volgende wenner?

Dis jóú kans – skryf nóú in! … of skryf wéér in! 

As jy ’n vonkel in die oog het en ’n glimlag wat harte verower, is jý dalk net die een waarna ons vir ons Oktober-voorblad soek. Soos verlede jaar is daar 2 kategorieë: vir vroue 18-30 jaar en vroue 31 en ouer. Twee wenners word gekies, maar net een kry die voorblad.

Dalk is 2015 jou jaar!

HOEKOM WEER INSKRYF?

Jy het in die verlede ingeskryf en wonder waarom jy wéér moet inskryf. Hierdie jaar kan dalk net jou kans wees om die beoordelaars te beïndruk. Lees onder in dié artikel waarna die beoordelaars kyk én hoe jou foto’s moet lyk om jou kanse te vergroot.

Vanjaar kom jy ook in aanmerking vir ekstra pryse van ons borge as jy al in die verlede ingeskryf het!

HOE WERK DIE WEDSTRYD?

  • Jy moet minstens 18 wees en ’n SA of Namibiese burger.
  • Inskrywings (pos en aanlyn) sluit 12 Mei 2015 om 08:00 stiptelik. Die beoordelaars kies 36 finaliste wat in SARIE (Julie) sal verskyn, PLUS 4 wat die meeste stemme op SARIE.com gekry het.
  • Hieruit kies die beoordelaars 10 finaliste wat in ware SARIE- voorbladstyl afgeneem sal word en in ons SEPTEMBER-uitgawe verskyn.
  • Lesers kan aanlyn op SARIE.com vir hul gunsteling gaan stem. Dié stemme, saam met die beoordelaars s’n, sal tel om die 2 wenners aan te wys.
  • Een van die wenners sal op die OKTOBER-voorblad verskyn.
  • Sien die wedstrydreëls HIER

SKRYF HIER IN! 

JOU FOTO’S MOET SÓ LYK

Screen Shot 2015-04-15 at 11.36.17 AM

WAARNA KYK ONS?

MEIpdf