Het jy gehoor?

SARIE Voorbladgesig op kassie

Monique Sutherland, wat verlede jaar as ons SARIE Voorbladgesig-wenner in die kategorie 18 tot 30 jaar aangewys is, verskyn vanaand op die kassie.

Dié skoonheid van Westonaria is vanaand om 17:30 te sien in die vyfde episode van kykNET se “Kry jou daar”, ‘n splinternuwe werklikheidsreeks wat oor 13 weke 13 verskillende vakansiebestemmings in Suid-Afrika gaan besoek.

Monique gaan ‘n bietjie in Kimberley kuier.

In elke episode word drie geslagte van ons land se mense na dieselfde bestemming geneem. Daar’s onder meer ‘n paar manne in hul twintigs, ‘n klassieke gesin van vier en ‘n veel ouer paartjie…

Hoe sal elke ouderdomsgroep dieselfde kos, kultuur en avontuur ervaar?

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf