FOTO: Instgram  @michellestuyck

FOTO: Instgram @michellestuyck

Het jy gehoor?

SARIE Voorbladgesig-wenners: Monique Sutherland en Ninette Theron

Uit byna 12 000 inskrywings is die 21-jarige Monique Sutherland van Westonaria as ons SARIE Voorbladgesig-wenner in die eerste kategorie (18-30 jaar) aangewys. Die 43-jarige Ninette Theron van Parkhurst is die wenner in kategorie 2 (31+).

En dit is Monique wat op ons Oktober-uitgawe se voorblad pronk. Baie geluk, Monique!

MONIQUE SUTHERLAND

(21) SALARISBEAMPTE, WESTONARIA

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek wou voel ek bereik iets in my lewe.

Wat sal jy doen as jy wen?

Vir myself ’n karretjie koop. Jongmense met my storie inspireer.

Baie jongmense het, soos jy, nie geld vir studies nie. Wat’s jou raad?

Jy moet werk vir wat jy wil hê. Ek het myself opgewerk in ’n loopbaan. Ek’s nie skaam om te sê ek’t swaar grootgeword nie. My biologiese pa het my ma, Karin, en ons gelos toe ek twee was, ek wil hom nie ken nie. Ma is twee keer geskei, toe ek 10 en in matriek was. Ek was in ses verskillende skole. Maar ek fokus op die positiewe. My twee pa’s, Thys Sutherland en Joe Serfontein, is lief vir my!

Wat maak ’n suksesvolle SARIE-voorbladgesig?

SARIE is vir my soos my ma se huis. Gemaklik, bied altyd goeie raad en goed waarvan ek hou. Die voorbladgesig moet só wees: natuurlik, innemend, aanloklik en jou tuis laat voel.

Wat laat jou vir jouself lag?

Ek brei my eie serpe!

Wanneer is jy op jou gelukkigste?

Saam met my kêrel, Kelvin Brits (24). Hy’t my die afgelope vyf jaar deur swaar tye gedra.

Hoekom dink baie vroue hulle is nie mooi nie?

Ons word nie genoeg gewaardeer of gekomplimenteer nie.

Beskryf jouself?

Opgewonde oor die lewe.

NINETTE THERON

(43) OOGKUNDIGE ASSISTENT, PARKHURST

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Waarna sien jy uit?

Ek en my verloofde, Newton Coghlan, trou in Oktober 2015. Hy’s my beste maat en so goed met my kinders, Juandré (16) en Dorméhl (14).

Wat leer jy jou dogter oor vrouwees?

Versorg jouself innerlik en uiterlik sodat jy trots kan wees op jouself.

Enige stokperdjies?

Gim, stap, perdry. Sing is my groot passie. Ek het al ’n voorvertoning gedoen vir Theuns Jordaan en Kurt Darren. Ek droom daarvan om eendag ’n suksesvolle sangeres te wees.

Jou grootste uitdaging nog?

Om my kinders as enkelouer groot te maak. (Ek’s nege jaar gelede geskei.) Dit maak my trots om te sien hulle is gebalanseerde, gelukkige tieners. Ek het op ’n plaas by Beaufort-Wes grootgeword en ek leer hulle dit maak nie saak wat jy bereik nie, onthou altyd waar jy vandaan kom en wie jy is.

Wat is jou slegste eienskap?

Ek’s ’n sore loser!

Hoe voel jy oor oud word?

Dis nie vir sissies nie! Ons behoort wat ons nou het meer te waardeer, voluit te leef in die nou.

Wie is die mooiste vrou ter wêreld?

Sophia Loren. Sy is op 79 nog pragtig.

Beskryf jouself in een woord?

Karakter.

 

Ons pragtige top-10 finaliste

Voorbladgesig