Het jy gehoor?

SARIE wen goud (weer!)

By die onlangse AdVantage ADmag-toekenningseremonie is SARIE vereer met ‘n goue toekenning in die kategorie Beste Vrouetydskrif (35+). En dit nogal in die jaar van SARIE se 60ste verjaarsdag!

Hierdie prys is propvol prestige in die tydskrifwêreld, wat redaksionele bestuur beloon. Vanjaar het die beoordelaars veral gekyk na redaksionele strategie, inhoud, uitnemendheid en innovasie.

Volgens die hoofbeoordelaar is SARIE se inhoud en aanbieding ”myle voor” ander tydskrifte. SARIE se bykomende platforms, soos ons nuwe webblad en SARIE KOS is deel van die sukses. Die beoordelaar meen die reslutaat is ‘n ”omvattende leeservaring”.

Julle mag maar handeklap!