Gloria Cilliers ,Emtia morrison, Michelle Van Breda , Phillis Green , Alida Vos , Liesel Du Toit , Charis labuschagne, Liesl du toit
Het jy gehoor?

SARIE wen gróót!

SARIE het gisteraand (14 November 2013) by twee media-toekenningsgeleenthede met ‘n totaal van 8 gesogte pryse weggestap. Die jaarlikse PICA-toekennings, die Oscars van die tydskrifwêreld, en The Bookmarks 2013, wat uitsonderlike werk in die digitale bedryf beloon, het SARIE gisteraand vir haar werk bekroon.

Gloria Cilliers ,Emtia morrison, Michelle Van Breda , Phillis Green , Alida Vos , Liesel Du Toit , Charis labuschagne, Liesl du toit

PICA-toekennings

Nie-professionele Skrywer van die Jaar – Verbruikerstydskrif
Annerie du Plooy – “Ter gedagtenis aan Henk” – SARIE, Media24

Beste Aanlyn-produk
SARIE.com

Algemene Tydskrif (manlik en vroulik)
SARIE, Media 24

Dekor, Handwerk, Kos en Tuine
SARIE KOS – Media24

Jane Raphaely-prys: Redakteur van die Jaar
Michélle van Breda – SARIE, Media24

Rossi-trofee: Beste Verbruikertydskrif in SA
SARIE – Media24

Eervolle vermelding vir visuele produksie van die jaar (verbruikertydskrifte)
Barbara Joubert vir Warm poedings met meringue

THE BOOKMARKS 2013

Brons-toekenning vir spesialis-webtuiste
SARIE.com

Op die kortlys vir Redaksie van die Jaar
SARIE

bookmarks

bookmark

Lou-Ann Stone (Digitale redakteur) en Lucelle Hough (webjoernalis) met die Bookmark 2013-toekenning

HIER IS DIE AMPTELIKE PERSVERKLARING

2013 – ’n uitsonderlike jaar vir SARIE!

SARIE was gisteraand die SA tydskrif met die meeste pryse toe dit sewe gesogte toekennings ingepalm het by die 2013 PICA-seremonie by Emperors Palace in Johannesburg.

SARIE is bekroon met die invloedryke Rossi-trofee vir die Beste Verbruikertydskrif van die Jaar (’n prys wat SARIE ook in 2009, 2010 & 2012 gewen het) en Michélle van Breda het die Jane Raphaely-prys vir Redakteur van die Jaar gekry.  SARIE was ook die wenner in die kategorieë Algemene Tydskrif (mans en vroue), Beste Aanlyn-produk (SARIE.com), Spesiale UItgawe: Dekor, Handwerk, Kos en Tuine (SARIE KOS/Barbara Joubert), en ook Nie-professionele Skrywer van die Jaar (SARIE-leser Annerie du Plooy). Barbara Joubert, kosredakteur van SARIE KOS, het eervolle vermelding gekry vir Visuele Produksie van die Jaar (Verbruikertydskrifte) vir haar artikel
Warm poedings met meringue.

SARIE.com het terselfdertyd in Kaapstad by die hoogs mededingende Bookmarks 2013 ’n Brons-toekenning vir Spesialis-webtuiste gewen.

2013 was ’n uitsonderlike jaar vir SARIE, wat volgende jaar haar 65ste verjaardag vier. Die gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, is onlangs aangewys as Galliova se Gesondheidskrywer van die Jaar en sy het Media24 se Uitnemendheidsprys as Joernalis van die Jaar gewen.  SARIE KOS se kosredakteur, Barbara Joubert, het ’n Galliova-merieteprys gekry vir haar begrip van die SARIE KOS-teikenmark.

Die SARIE-span is vroeër vanjaar deur Media24 bekroon vir Innovasie in E-handel nadat sy die eerste tydskrif in Suid-Afrika was wat ’n aanlyn-inkopiesentrum vir lesers geskep het.

Redakteur Michélle van Breda sê: “Ek het altyd geweet SARIE is ’n fenomenale tydskrif, want ons het fenomenale lesers/aanhangers/‘fans’. Ons inspirasie is dié Afrikaanssprekende vroue (en selfs ons Engelssprekende lesers) wat positief trots Suid-Afrikaans is en ons put inspirasie uit erfenis en innovasie.

“Om ’n PICA te wen is opwindend; om in een aand séwe plus ’n Bookmark-brons te wen is totale euforie! Ons span kon nie gelukkiger gewees het nie, maar ons besef dis ’n reuse-taak om voortdurend gehalte-inhoud te skep wat relevant is vir ons lesers. Maar ons gedy op ’n uitdaging! Ons is opgewonde oor die toekoms van ’n tydskrif-handelsmerk soos SARIE.” 

*SARIE word uitgegee deur Media24: Vrouetydskrifte, uitgewers van  SARIE, FAIRLADY, GRAZIA, IDEAS/IDEES,  KUIER, LÉÉF, TUIS/HOME, YOUR PREGNANCY, BABY & TODDLER, SEVENTEEN, BABA & KLEUTER, MOVE, TRUE LOVE