Het jy gehoor?

Bekendes se kinderfoto’s – kan jy raai wie dit is?

Kan jy dié bekendes op hul kinderfoto’s herken?

Afrikaanse komediant en sanger …

Wikus van der Merwe by sy broer, Bouwer, en suster Anél FOTO: Twitter

Tolla van der Merwe se oudste seun, Wicus (regs), by sy broer, Bouwer, en suster Anél
FOTO: Twitter

“Voor ons laaste sussie gebore is…” het die komediant en sanger Wicus van der Merwe op Twitter geskryf toe hy dié foto van homself, broer Bouwer en sy suster Anél gedeel het. Dié drie het ook nog ’n jonger suster, Cara.

Amerikaanse sanger …

Josh Groban het ons ook hierdie week ’n kykie in sy verlede gegee met dié foto van hom tydens sy matriekafskeid.

Wat is #tbt?

Op sosiale media staan Donderdae bekend as #tbt wat staan vir Throwback Thursday, waarop mense aangemoedig word om ou foto’s van hulself met hul volgers te deel.

Kyk deur dié gallery om nóg bekendes se #tbt-foto’s te sien.

Wie is dié karnallie? Justin Bieber het dié foto van homself as peuter op sy Twitter-blad gedeel - kyk net sy haarstyl!

FOTO: Twitter

Vir haar #tbt-foto het Tracey Lange foto's van haar ma, suster, haarself (links, onder) en haar susterskind gedeel

Roxy Louw (agter) by haar susters - Misty en Shahnee - en hul kleinboet Robbie

FOTO: Twitter

Drie van Hollywood se legendes... Tom Cruise het dié foto van homself (links) by Sean Penn (middel) en Tim Hutton (regs) op sy Twitter-blad gedeel

FOTO: Twitter

Elvis Blue se #tbt was meer onlangs - hy het dié foto gedeel wat in 2011 van hom en Elana Afrika geneem is

FOTO: Facebook

Britney Spears het foto's saam met haar broer, Bryan, en suster, Jamie-Lynn, gedeel vir haar #tbt-bydrae gister

FOTO: Twitter

VAN WATTER BEKENDE SE FOTO HOU JY DIE MEESTE? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.