Wenner Corli Botha 
FOTO Michael le Grange

Wenner Corli Botha FOTO Michael le Grange

Het jy gehoor?

#SARIESondag op Bravo!

“Ek wil vir hulle Sondag-middagete maak om dankie te sê dat hulle weer ons land aan die bak het.” Vanaand om 20:00 op kykNET se Bravo! word daar saam met SARIE Kos en die top-10 Koekedore gekuier vir #SARIESondag!

“Met #SARIESondag wil ons die land weer om die Sondag-kuiertafel kry. Hierdie maand het ek besluit om die 10 Koekedore van kykNET se gewilde bakprogram, Koekedoor, te nooi na ons Sondagtafel. Kom kuier agter die skerms waar ek vir hulle in ’n pottebakkersateljee gekook het. Die plek waar die bord gebak word, daar sê ek dankie vir die bakkers van Koekedoor!” sê Herman Lensing, SARIE se Kosredakteur.

#SARIESondag | Koekedoor 2 |  (27 of 62)

Naaswenner Wessels van Vuuren FOTO Michael le Grange

SARIE KOS en SARIE.com bederf reeds geruime tyd hul lesers met resepte vir #SARIESondag. As daar een ding is wat Suid-Afrikaners behoorlik kan doen, is dit om lekker te eet en gesellig te kuier! En wat is nou beter as om Sondag om ’n tafel te kuier?

Die nuutste SARIE KOS is te koop vanaf 1 Augustus en al die heerlike resepte van die Koekedore se #SARIESondag-ervaring sal daarin verskyn!

Kyk die voorskou van Bravo! hier:

Hou SARIE.com dop vir heerlike resepte en wenke vir jou eie #SARIESondag!