lipstick_800x600
Het jy gehoor?

Scarlett – almal se liefling

Sy is pas aangewys as die gesig van Dolce & Gabbana se eerste grimeerreeks, The Make Up (nie in Suid-Afrika beskikbaar nie). Haar vermoë om soos ‘n verkleurmannetjie gemaklik die rol van onskuldige skoonheid én super-sexy verleidster te speel, het haar die eerste keuse gemaak vir dié advertensie-veldtog.

sarie.com het onlangs ook vertel dat Scarlett, as opvolger vir die ewe pragtige Penélope Cruz, die nuwe gesig van die Spaanse modehuis Mango se herfs-winter 2009/’10-reekse is. Die rede vir húl besluit: Scarlett vergestalt die stedelike, onafhanklike en kosmopolitaanse vrou van vandag.

Maar dis nie waar dit eindig nie. Sy is ook die gesig van die gesogte sjampanje-handelsmerk MOËT & CHANDON.

Dit het als begin toe sy in 2004 die nuwe weergawe van Calvin Klein Eternity, Eternity Moment, bemark het. Dié parfuum spog met rekordverkope.

Ook as die gesig van L’Oréal se haarkleur- en grimeerreekse het sy vir ‘n toename in verkope gesorg. En in 2007 en 2008 het sy dieselfde gedoen vir Louis Vuitton se handsak- en bykomstighede-reekse. Kan jy glo sy’s net 24 jaar oud!

Sy’s tans besig met die verfilming van Iron Man 2 met onder meer Robert Downey Jr. en Gwyneth Paltrow.

  • j garner

    wow sy het beslis die mooist mond op die webwerf