Scarlett Johansson
Het jy gehoor?

Scarlett Johansson in die geheim getroud

Die 30-jarige aktrise Scarlett Johansson het in die geheim met die Franse joernalis Romain Dauriac getrou, berig Hello!.

Net nadat Scarlett die lewe aan haar en Romain se eersteling geskenk het, het hulle glo afgehaak. Die paartjie het in September hul dogtertjie, Rose, verwelkom en kort daarna voor die kansel gestaan.

’n Bron vertel aan New York Post se Page Six dat die troue ’n intieme affêre was en dat hulle dit baie stil gehou het. Na verwagting sou die troue in Parys plaasgevind het, maar toe moes die Franse glo na Amerika vlieg om die troue by te woon. Presies waar in Amerika dit was, is nog ’n geheim.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dit is Scarlett se tweede huwelik. Sy en Romain het begin uitgaan ná sy en Ryan Reynolds geskei is.

Ryan verwag ook nou sy eersteling met sy vrou, Blake Lively.

Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake Lively en Ryan Reynolds
FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

 

Bron: Hello! en Page Six