Scarlett Johansson
Het jy gehoor?

Scarlett Johansson die nuwe Marilyn Monroe?

Die modedirekteur van die modetydskrif Harper’s Bazaar, Carine Roitfeld, het saam met die legendariese fotograaf en ontwerper Karl Lagerfeld ‘n sterbelaaide mode-artikel geskiet vir hul September 2013-uitgawe. En Scarlett Johansson die nuwe Marilyn Monroe gedoop …

Wat was dit wat van Marilyn Monroe ‘n ikoon gemaak het? Was dit haar kurwes, haar lippe of haar weerbarstige persoonlikheid? Wat dit ook al was, die modekenners van Harper’s Bazaar reken dat die aktrise Scarlett Johansson dieselfde eienskappe besit.

En met dié foto van haar (hooffoto) is dit maklik om te sien waarom hulle so sê. Haar porseleinvel straal met minimalistiese grimering terwyl haar hare dramaties waai. En haar kurwes kom tot hul reg in dié ongewone uitrusting. Dit verg baie selfvertroue om dié goue aandrok oor ‘n grys trui te dra en die belt beklemtoon haar dun middel. Scarlett bewys hiermee dat ‘n uitrusting haar nie kan oorskadu nie – iets waarmee Marilyn ook baie goed was!

 Liya KebedeHarper’s Bazaar het elke jaar ‘n “mode-portefeulje” wat in al hul internasionale uitgawes verskyn. Hierdie jaar se portefeulje is baanbrekerwerk op sy beste. Altesame 25 vroue van reg oor die wêreld is as modelle gebruik en elke lyfvorm en grootte is in ag geneem, vandaar die titel “Singular Beauties: An homage to the diversity of women”. Met hierdie foto’s word elke vorm van vrouwees gevier.

En wie was die vroue? Hier’s ‘n paar name (klik hier vir die volledige lys):

– Scarlett Johansson: 28-jarige Amerikaanse aktrise

– Liya Kebede: 35-jarige Ethiopiese model (foto bo)

– Dakota Fanning: 19-jarige Amerikaanse aktrise

Kyk hier wat is Dekota en haar suster, Elle, se nuutste projek!

– Zoë Kravitz: 24-jarige aktrise en dogter van Lenny Kravitz en Lisa Bonet

– Gabourey Sidibe: 30-jarige Amerikaanse aktrise

– Erika Ervin: 34-jarige model en bekend as “die wêreld se langste model”

– Candice Huffine: 28-jarige plusgrootte-model

– Carmen Dell’Orefice: 82-jarige Amerikaanse modellegende

Kyk wie is aangekondig as die bes geklede sterre!

Dakota Fanning  Gabourey SidibeFOTO: Links is Dakota Fanning en regs die Oscar-benoemde Gabourey Sidibe (Precious).

Wat dink jy? Is Scarlett die nuwe Marilyn?