Rok van spree

Het jy gehoor?

Scarlett Johansson is verloof!

Romain het glo ‘n maand gelede die groot vraag gevra, maar hulle het nog glad nie aan ‘n troudatum gedink nie. “Hulle is verloof en baie verlief,” het ‘n bron verklap.

Die Avengers-aktrise dra nou ‘n vintage Art Deco-diamantring aan haar ringvinger. Sy het dié ring ook tydens die Filmfees in Venisië gedra.

Scarlett Johansson

 

FOTO: Die 28-jarige aktrise is al vier keer vir ‘n Golden Globe benoem, onder andere vir haar rolle in Lost in Translation en Girl with a Pearl Earring in 2004.

Sy is in 2008 met die Kanadese akteur Ryan Reynolds getroud, maar dié twee het in 2010 aangekondig dat hulle gaan skei. Hulle is die jaar daarna geskei. Ryan is verlede jaar met Blake Lively getroud.

Blake Lively en Ryan Reynolds getroud

Buiten vir haar suksesvolle akteursloopbaan, is Scarlett ook nou besig met politieke veldtogte. Lees meer daaroor hier: Scarlett Johansson mik na die politiek?

Bronne: CNN & 9News Entertainment