scarlett_johansson_mei_2012
Het jy gehoor?

Scarlett Johansson, Robert Downey Jr. en nóg groot sterre dalk binnekort in SA

Groot name kom dalk binnekort in Suid-Afrika aan die opvolg van die bekende film The Avengers skiet.

Die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger Anant Singh (wat ook veranwoordelik was vir Mandela: Long Walk to Freedom) het in Mei verlede jaar tydens ’n radio-onderhoud gesê dat die groot rolprentmaatskappy Marvel graag in Kaapstad wil kom skiet. Marvel bring die gewildste strokiesprentkarakters na die grootskerm soos Iron Man, Captain America, The Incredible Hulk, Thor en X-Men.

Nou wil dié vevaardiger hul volgende groot projek, die opvolg van The Avengers, in Kaapstad kom skiet. Groot name soos Robert Downey Jr., Chris Evans, Mark Ruffalo, Chris Hemsworth, Scarlett Johansson, Elizabeth Olsen, Samuel L Jackson en James Spader speel in dié fliek.

The Avengers

Dit is nog nie bevestig wanneer hulle in Suid-Afrika begin skiet of watter van dié groot sterre in Kaapstad kom verfilm nie. Maar verfilming begin reeds in Maart in Londen en die prent begin glo reeds Mei volgende jaar in oorsese teaters draai.

Bron: Comicbookmovie.com

Nóg internasionale films wat in SA geskiet is: