FOTO Instagram / @people

Het jy gehoor?

Scarlett Johansson skei ná 2 jaar

Die Hollywood-aktrise Scarlett Johansson se tweede huwelik het verbrokkel, berig US Weekly. Sy en haar Franse joernalisman, Romain Dauriac, se paadjies skei ná twee jaar.

Scarlett was voorheen getroud met die Hollywood-akteur Ryan Reynolds. Die paartjie is in 2011 getroud en is ook twee jaar later geskei.

Deesdae is Ryan getroud met die aktrise Blake Lively. Die paartjie het twee kinders, James en Ines.

Verlede jaar het Scarlett en Romain nog gelukkig gelyk toe sy ’n springmielie-winkel in Parys, Frankryk, oopgemaak het. Lees meer hier.

Die paartjie het ’n tweejarige dogtertjie, Rose.

Lees nou

Khloé Kardashian skitter in ’n sweetpak

AB se Danielle weer swanger

4 wenke om jou lob vars te hou