FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Schalk Bezuidenhout se ‘smore’

Vandag verduidelik dié grapkas (nou te sien in die komedie Hotel op kykNET en die afspraakprogram Die Kliek op Via) hoe om ’n “smore” te maak. “Dis meer eenvoudig as Jurie Els se lirieke,” beloof hy …

Dié resep kom uit sy kinderdae. Hoekom ’n “smore”?

Because you always want smore! Ek is steeds baie lief vir suiker, wat seker nie die beste ding vir ’n kort aandagspan is nie. Ek kan ook nie kook nie en ek wil nie leer nie. My meisie is so ’n wonderlike kok, so hoekom sal ek nou vir haar kompetisie wil gee?’’

hotel

Ferdie (James Borthwick) en Danny (Schalk Bezuident) in ‘Hotel’ FOTO Verskaf

….So hoe werk dié resep?

BESTANDDELE

• ’n pak Marie-koekies
• ’n pak malvalekkers
• ’n goeie selfbeeld
• ’n lus vir die lewe

METODE

• Plaas ’n malvalekker (mashmallow) op ’n enkele Marie-koekie en sit in die mikrogolfoond. Laat dit warm word totdat die malvalekker lyk soos Donald Trump as hy kwaad word.

• Net voor die malvalekker ontplof, maak die oond se deurtjie oop, haal dit uit en sit nog ’n Mariebeskuitjie bo-op. Druk die “smore’’ dadelik in jou mond. Geniet . . .Verlaat die huis. Carpe diem.

Sy eenmanvertoning, Second Language, is te sien by:

– Atterbury-teater, Pretoria – 14 Augustus

– Jewish Centre, Durban – 16,17 September

– Baxter-teater, Kaapstad – 21, 22 Oktober

– Goliath Comedy Club, Johannesburg 3, 4, 5 November