Het jy gehoor?

Schalk Burger gediagnoseer met breinvliesontsteking

Die Burger-familie het vandag in ’n verklaring bevestig dat Schalk met bakteriële meningitis gediagnoseer is.

Hy het hierdie siekte opgedoen na ’n operasie om die druk van ’n senuwees in sy kuit-spier te verlig.

Hy sal vir ten minste die volgende 14 dae in die hospitaal bly en as hy ten volle herstel sal hy eers oor 6 weke op die veld kan draf.

Die familie het gesê dit is ’n moeilike tyd vir sy vrou, Michele en seun Schalk, maar hulle kry baie hulp en ondersteuning van die spesialiste wat hom versorg.

Bron: Sport 24