sr1003reneburger01rz
Het jy gehoor?

Schalk Burger se suster, René, verloof aan Prime Circle-baskitaarspeler

En ‘n maand gelede het dié 2 verloof geraak.

Marco en René

Die paartjie is ongeveer 2 jaar al saam, nadat sy Marco se oog by ‘n konsert gevang het. Volgens gerugte het hy onmiddellik vir sy vriende gesê dat dít die meisie is met wie hy eendag gaan trou! Min het hy toe geweet sy woorde sou waar word!

Hy het óók vir sy vriende gesê dat hy nie iets onbenulligs gaan uitdink nét om haar te ontmoet nie. Hy het geglo dat hul paaie sal kruis as dit moet. Kort ná dié uitspraak het Kupido aan die werk gespring en die twee het onverwags in mekaar vasgeloop. En soos die spreekwoord lui: Die res is geskiedenis.

René vertel opgewonde dat Marco die groot vraag uiteindelik, ná vele probeerslae en onderlangse konkelings met haar woonstelmaat, ongeveer so ‘n maand terug gevra het. Máár sy vertel ook dat sy elke keer sy planne minwetend in die wiele gery het, veral as sy skielik hul planne vir die dag verander het.

Marco het voet by stuk gehou en uiteindelik die ja-woord tydens ‘n week lange kuiertjie in die Kaap gevra. Volgens René het hulle gaan piekniek hou. Sy het niks vermoed nie, want hul het dit tog gereeld gedoen. Marco het vir haar ‘n liedjie gespeel het, maar steeds het sy niks vermoed nie, want dié soort ding was alledaags. Hy het op daardie oomblik al sy moed bymekaar geskraap, die ring te voorskyn gebring en die groot vraag gevra.

René het onlangs ook Johannesburg toe getrek het om nader aan haar geliefde te wees. Sy toer ook gereeld saam met Prime Circle. Sy woon ook in dieselfde sekuriteitskompleks as die res van die groeplede.

Die troureëlings is nog ver van klaar, maar sy weet presies hoe haar troudag moet lyk. Sy en haar ma moet nou met die reëlings begin. Die groot dag word vir April volgende jaar beplan, maar die presiese datum hang af van Marco se besige optrede-skedule én die beskikbaarheid van ‘n droom-onthaalsaal.   

En hier’s die ring:

  • christel

    Net nou die dag het hy nog op tv van sy vrou en kinders gepraat. Hoe nou?

  • Wanda du Plessis – Wellington

    Ek is so bly dat sy na haar aanval kon aangaan met haar lewe. Ekself het tweeling dogters en toe hulle groot genoeg was dat ek verkragting aan hulle kon verduidelik, het ek, om hulle self te beskerm,, altyd vir hulle gesê, al is verkragting hoe skokkend en barbaars en satanies, daar IS lewe na verkragting – dus het ek gepoog om, sou soiets met hulle gebeur, hulle met hierdie denke te help om oor dit te kon kom en met hul lewens aan te gaan en nie psigies totaal verwoes te wees of alles post-verkragting kan gebeur nie. Ek glo dat Rene hierdie boodskap wat ek aan my dogters deurgegee het, vervolmaak met hoe sy die brutaliteit van verkragting ens. kon verwerk het en glo ek dat die Here die Hoof rolspeler in haar geestelike en/of liggaamlike genesing was.

    Ek wens haar en haar aanstaande ‘n wonderlike huwelik toe.

  • Karin

    Baie geluk! Ek gun haar al die geluk! En bid dat hulle lewe vorentoe baie geseend sal wees!

    Karin Behrens

  • Bokkie de Villiers

    Ek wens hulle net die beste toe en mag hulle al die geluk wat moontlik is kry. Sterkte julle. Bokkie

  • Loudet

    Rene is n yster – jy is n voorbeeld vir baie vrouens. Mag julle net die mooiste geluk en voorspoed ervaar

  • MC Van Zyl

    Baie geluk Rene (en Marco), Wellington was nog altyd trots op jou – jy is ‘n spesiale mens met ‘n warm hart. Jy kry ‘n ring maar hy ‘n juweel!
    Net die beste wense vergesel hierdie gelukwensing.

  • qxuodmnm

    uFA5Zq zgmznzedreqx, [url=http://frmrxnuegbjf.com/]frmrxnuegbjf[/url], [link=http://bobbxbkqkjcg.com/]bobbxbkqkjcg[/link], http://obfmuucfxnzy.com/

  • tpskreqktpm

    wB5du1 ommnidboxsab, [url=http://dmieekkdusbp.com/]dmieekkdusbp[/url], [link=http://yehwvaylzgcl.com/]yehwvaylzgcl[/link], http://upgsdbowfftj.com/