Het jy gehoor?

Schalk Burger: “My mense was baie, baie bekommerd”

Die Springbok Schalk Burger se operasie om ‘n sist te dreineer het vroeër vanjaar veroorsaak dat hy ‘n kiem vir breinvliesontsteking opgetel het. Hy het gesê:

Sommige mense om my was baie, baie bekommerd.

Schalk Burger

FOTO bo: Eye Witness Sport

Hy het bevestig dat hy nie ‘n tyd kan gee wanneer hy weer op die veld sal uitdraf nie. Hy herstel nog van sy operasies. Sedert die eerste dreinering van die sist in Maart het hy al 3 operasies gehad. Oor 7 weke gaan hy weer die dokter besoek en daarna besluit watter roete van rehabilitasie hy moet volg.

Schalk se huidige kontrak met WP Rugby geld tot einde 2014 en sal nie gekanselleer word nie.

Bron: Eye Witness News Sport