FOTO: Instagram letthelordbewithyou

FOTO: Instagram letthelordbewithyou

Het jy gehoor?

Is Scott Disick en Kourtney Kardashian weer saam?

Gerugte doen die ronde dat die realiteitsterre Scott Disick en Kourtney Kardashian hul verhouding nog ’n kans gee. Dit kom ná Scott onlangs uit ’n rehabilitasie-sentrum vir alkoholmisbruik ontslaan is.

Volgens Hollywood Life het hy die afgelope week by haar spoghuis in Calabasas, Kalifornië, gekuier om hul kinders te sien.    

’n Bron sê hy het een aand na die kinders gekyk terwyl Kourtney saam met haar vriendinne gaan kuier het.

TMZ berig dat Scott gesond lyk en bevestig daar bestaan ’n moontlikheid dat hulle sal versoen.

Scott en Kourtney in 2006 begin uitgaan en het drie pragtige kinders saam, Mason (5) Penelope (3) en Reign (10) maande.

Bronne: Hollywood Life en TMZ

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!