FOTO M-Net

FOTO M-Net

Het jy gehoor?

Seal: ‘SA aksent is sexy!’

Die internasionale popsensasie Seal het Sondagaand sy wêreldtoer afgeskop met ʼn konsert in Johannesburg.

Toe die sanger vandag tydens ’n mediakonferensie gevra is hoekom hy gekies het om sy toer in Suid-Afrika te begin, het hy geantwoord: “Hoekom nie. Ek was al in SA en hou baie van die land. Ek is beïndruk met hoe ver Suid-Afrika in ’n baie kort tyd gekom het.”

Maar dis veral ons aksent wat sy hart warm laat klop.

“Persoonlik is die Suid-Afrikaanse aksent vir my die aantreklikste. Dis vreeslik sexy!”

Seal het Sondagaand tydens sy konsert menige aanhanger se hart laat smelt toe hy met die sing van die tweede liedjie tussen die gehoor ingeloop het en persoonlik kontak met sommige mense gemaak het. “Mense betaal nie om ʼn swak vertoning te sien nie. Jy hoor soms dat kunstenaars sê die gehoor was moeilik. Daar is nie iets soos ’n moeilike gehoor nie. Net ʼn middelmatige optrede.”

Seal hou niks van ʼn verhoog wat ʼn gaping tussen hom en sy gehoor plaas nie. Hy besef dit is soms nodig vir onder meer sekuriteit, maar verkies om naby sy gehoor te wees tydens ʼn optrede. “Almal wil ’n ervaring en ʼn goeie tyd hê. Gee hulle toestemming om dit te geniet. Die konsert word dan multidimensioneel en die gehoor begin self ʼn vertoning gee.”

Sy reaksie oor die tydperk toe hy vir ʼn ruk lank stil was, was: “Ek hou daarvan om by die huis te wees. In my pajamas.” Hy erken ook dat hy baie lief is vir optree. En albums opneem. Hy het selfs ’n ateljee by sy huis.

“Suid-Afrikaners is warm en toeganklik. My persepsie is een van groot optimisme. Ten spyte van hoe dit mag voel vir die mense van die land. Die vooruitgang hier is baie groot. Daar het baie goed gebeur en julle is geforseer om dit te hanteer. Ek bly in die VSA. My kinders bly daar. Maar die Amerikaners is nie soos julle nie. Om die twee te met mekaar te vergelyk: Amerika is nog glad nie waar Suid-Afrika is nie.”

Sy gunsteling-liedjie wat hy self geskryf het en gesing het, is “Kiss From a Rose”, ook die temaliedjie van die 1995-film “Batman Forever”

Seal het nóg twee optredes in SA

• Durban ICC Arena, Dinsdag 13 Junie

• Kaapstad GrandWest Grand Arena, Donderdag 16 Junie