FOTO M-Net

FOTO M-Net

Het jy gehoor?

Seal praat Afrikaans!

Wie sou ooit kon raai dat die internasionale popsensasie Seal Afrikaans kan praat? En boonop so goed!

Seal is op die oomblik in Suid-Afrika, waar sy wêreldtoer Sondagaand afgeskop het met ʼn konsert in Johannesburg. 

’n Perskonferensie is Maandag in Johannesburg gehou. Maar voor die konferensie is joernaliste gewaarsku dat Seal geen persoonlike vrae oor sy verhouding met die supermodel Heidi Klum gaan beantwoord nie. Die paartjie is in 2014, ná 9 jaar saam, geskei. Hulle het drie kinders.

Tog het Seal het nie geskroom om oor sy liefde vir Suid-Afrika te praat nie. En dis veral ons aksent wat sy hart warm laat klop.

“Persoonlik is die Suid-Afrikaanse aksent vir my die aantreklikste. Dis vreeslik sexy!”

Seal het selfs lank gelede ’n Suid-Afrikaanse meisie gehad. En háár aksent het sy knieë lam gemaak.

Heidi het ná hul egskeiding ook met ’n Suid-Afrikaner, Martin Kirsten, uitgegaan. Hy was haar persoonlike lyfwag.

En toe SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, vir hom ’n Afrikaanse frase leer, het hy dit vinnig opgetel.

Sy eerste woorde wat hy geleer het was: SARIE, our/ons inspirasie!

Hoor hoe klink Seal se Afrikaans hier:

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan groot pryse wen!

Hiker 1667 x 833

Lees nou

SA restaurant wéér een van wêreld se 50 bestes!

Het jy dít geweet van saffraan, truffel-olie, kaviaar, wasabi?

Seal: ‘SA aksent is sexy!’