FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Sean en Carla Else se Noah gebore

Ons het nou net gehoor dat Sean en Carla Else se babaseun, Noah, vanoggend gebore is! 

Sean het dié foto op Facebook gedeel en geskryf dat ma én baba gesond is.

Sean skryf op Facebook: "Blessed beyond words" FOTO: Facebbok

Sean skryf op Facebook: “Blessed beyond words”
FOTO: Facebbok

SARIE het verlede jaar met die gesin by hul huis in Houtbaai gesels – lees die volledige onderhoud hier.

My gesin vervolmaak my. Alles wat ek doen, is vir my seuntjies, en vir Carla,” sê Sean. “Ek was nog nooit so gelukkig en vreedsaam nie. Dis grootliks te danke aan Carla. Sy het my twee seuns aanvaar as haar eie, en hulle vir haar as nog ’n mamma.”

Toe hy en sy vrou, Carla, hul eersteling, Daniel Ryan, verwelkom, het die media berig dat Sean pa geword het. Maar min mense weet hy speel reeds ’n paar jaar lank dié rol vir Caylem, die seun wat hy besig is om aan te neem, en Vaughn, sy seuntjie uit ’n vorige verhouding.

[...]

Vaderskap beteken verantwoordelikheid. Jy is soos ’n fakkeldraer wat óf kan uitbrand óf ’n lig in die donker kan wees. Dit het my gedwing om eers huis skoon te maak, om myself af te vra of ek gereed is om ’n voorbeeld te wees, die regte besluite vir my kinders te neem. Dis asof elke stukkie van die legkaart van jou lewe skielik pas wanneer jy pa word.” – Sean Else

Sean Else: “Alles vir my seuns”

Carla saam met Daniel FOTO: Facebook

Carla en Sean Else met hul kinders, Vaughn (agter), Caylem (voor) en Daniel. Dié foto is net ná Daniel se geboorte geneem FOTO: Willem Lourens

“My koningin en haar prinsies…” het Sean op Facebook geskryf FOTO: Facebook

Caylem, Daniel en Vaughn by pa-Sean FOTO: Facebook

Geluk Sean en Carla!