FOTO: Willem Lourens

Het jy gehoor?

Sean Else en Carla is weer swanger!

Sjoe! Dis ’n besige week op die babafront vir die Suid-Afrikaanse celebs. Eers het die rugbyspeler Francois Louw sy eersteling verwelkomElana Afrika-Bredenkamp het bevestig dat sy swanger is, en toe ook Karlien van Jaarsveld. Nou sien ons dat Carla, Sean Else se vrou, ook swanger is. 

Sean en Carla se eersteling, Daniel, het nou die dag 1 geword, en nou het Carla die goeie nuus gedeel – sy is weer swanger. Dis weer ’n seuntjie en ons kan dié pienkvoet in April volgende jaar verwag.

FOTO: Twitter  @CarlaElse

FOTO: Twitter @CarlaElse

SARIE het onlangs met die gesin by hulle huis in Houtbaai gesels – lees die volledige onderhoud hier.

My gesin vervolmaak my. Alles wat ek doen, is vir my seuntjies, en vir Carla,” sê Sean. “Ek was nog nooit so gelukkig en vreedsaam nie. Dis grootliks te danke aan Carla. Sy het my twee seuns aanvaar as haar eie, en hulle vir haar as nog ’n mamma.”

Toe hy en sy vrou, Carla, ’n paar maande gelede hul eersteling, Daniel Ryan, verwelkom, het die media berig dat Sean pa geword het. Min mense weet egterhy speel reeds ’n paar jaar lank dié rol vir Caylem (9), die seun wat hy besig is om aan te neem, en Vaughn (7), sy seuntjie uit ’n vorige verhouding.

Sean Else: “Alles vir my seuns”

1454909_545587948904259_3612775539679923614_n

Carla en Daniel

10441310_527800144016373_8194515982900770730_n

Daniel

Carla en Sean Else met hul kinders, Vaughn (agter), Caylem (voor) en die nuutste toevoeging, Daniel. By hulle is Chucky, een van die viervoetige lede van hul gesin.  FOTO: Willem Lourens

Carla en Sean Else met hul kinders, Vaughn (agter), Caylem (voor) en die nuutste toevoeging, Daniel. By hulle is Chucky, een van die viervoetige lede van hul gesin.
FOTO: Willem Lourens

"My koningin en haar prinsies..." het Sean op Facebook geskryf FOTO: Facebook

“My koningin en haar prinsies…” het Sean op Facebook geskryf
FOTO: Facebook

Caylem, Daniel en Vaughn by pa-Sean FOTO: Facebook

Caylem, Daniel en Vaughn by pa-Sean
FOTO: Facebook


Vaderskap beteken verantwoordelikheid. Jy is soos ’n fakkeldraer wat óf kan uitbrand óf ’n lig in die donker kan wees. Dit het my gedwing om eers huis skoon te maak, om myself af te vra of ek gereed is om ’n voorbeeld te wees, die regte besluite vir my kinders te neem. Dis asof elke stukkie van die legkaart van jou lewe skielik pas wanneer jy pa word.” – Sean Else

Geluk Sean en Carla!

Lees ook