FOTO Instagram / @danielledevilliers

FOTO Instagram / @danielledevilliers

Het jy gehoor?

Seer-skouer AB de Villiers tel klein AB op

AB de Villiers, Suid-Afrika se Protea-krieketkaptein, is op die krukkelys vir die toetsreeks na Nieu-Seeland weens ’n elmboog- en skouerbesering, maar dít keer hom nie om klein AB, wat byna ’n jaar oud is, op te tel nie.

“Nee wat, dít sal hy nie sommer prysgee nie,” vertel sy vrou, Danielle.

“Ons is natuurlik baie teleurgesteld oor dié verwikkelinge. Ag shame, AB sukkel eintlik al ’n jaar lank met sy skouer, maar ek ken hom al, hy byt vas. Maar nou moet hy net rus. Hy mag niks swaar optel nie …’’

Dit sal sowat ses tot agt weke duur voordat sy arm herstel, meen dokters.

“Maar AB gaan sy manne steeds motiveer deur al die oefenkampe by te woon. Hy gaan net nie self speel nie,” sê sy. Ook Morné Morkel sal nie aan dié toetsreeks deelneem nie weens die uitstulping van ’n werwel in sy rug. Hy sal ook sowat ses weke buite aksie wees. Danielle en die kleintjie toer gewoonlik saam met AB. Hulle was in Junie vanjaar in Wes-Indië ná hulle agt weke vir die Indiese Premierliga (IPL) in Indië was.

Dié twee “gekrokte’’ spelers sal hopelik in Oktober gereed wees vir die Eendag-internasionale-toetsreeks (ODI) in Australië. Intussen is Faf du Plessis as waarnemende kaptein aangewys.