FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO: Steve en Juanita sing saam

Twee van Afrikaans se gewildste sangers Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis gaan saam op die verhoog wees. 

Vir jare wil mense hulle saam op die verhoog sien, en nou vir die eerste keer gebeur dit wel. Steve en Juanita gaan saam sing tydens hul vertoning, Hoogtyd*.

Hulle gaan nie net hul eie liedjies sing nie, maar ook van hul persoonlike gunstelinge. Tussen dié twee legendes is daar al meer as 4.5 miljoen albums verkoop.

Hier is ’n seldsame foto waar dié twee ’n lied openeem en repeteer. Steve het dít op sy Facebook-profiel gedeel.

Nóg bekendes sing saam:

Prins William sing saam met Taylor Swift en Bon Jovi

Beyoncé sing saam met blinde meisie

Afrikaanse Ferdi sing saam met Josh Groban

Coenie de Villiers en Die Heuwels Fantasties sing saam

Dié foto is deel van ’n groter foto wat Steve saamgestel het. Daar is ook foto’s van sy seun Benjamin wat perdry; Steve by Rue, die 7-jarige seuntjie wat onlangs aan kanker oorlede is; van sy takbokke en skape; en ’n piekniek op ’n koppie in Lone Hill, Johannesburg.

* Hoogtyd word 30 Mei en 1 Junie by Carnival City se Big Top-arena gehou. Kaartjies by Computicket.

1497130_10152228013434559_887978479_n