bb30-selena-gomez-cover-2015-billboard-510
Het jy gehoor?

Selena Gomez vertel oor chemoterapie

Die bekende aktrise en sangeres Selena Gomez het vir die eerste keer haar stilte verbreek oor die skielike blaaskans wat sy einde 2013 geneem het. Die rede waarom sy konserte gekanselleer het en vir maande uit die openbare oog verdwyn het, is omdat sy met die outo-immuunsiekte lupus gediagnoseer is en daarvoor chemoterapie moes kry, berig die Daily Mail

Die siekte veroorsaak dat die immuunstelsel foutief raak en jou liggaam teen sy eie weefsel veg in plaas daarvan om siektes en virusse aan te val.

Toe Selena amper twee jaar gelede aangekondig het dat sy ’n tydjie gaan af neem, het die skindertonge omtrent geklap! Die media het bespiegel dat sy na ’n rehabilitasiesentrum moes gaan vir ’n dwelmverslawing. Selena, wat baie seergemaak gevoel het oor dié negatiewe kommentaar, het aan Billboard gesê sy was nog net gaaf met almal sedert sy as 7-jarige begin werk het, maar die media berig aanhoudend negatief oor haar.

Sy en die tienersensasie Justin Bieber het lank uitgegaan en die media kon net nie genoeg van dié twee kry nie. Selena is ook al aangeval oor sy glo te vet is vir Hollywood. Tog voel sy dié negatiewe publisiteit dryf haar om mense verkeerd te bewys. Sy het ook gesê haar vriendin die sangeres Taylor Swift help haar baie om meer selfversekerd te wees.

Marié Lourens, een van vanjaar se Voorbladgesig-finaliste, ly ook aan lupus. “Verlede jaar is ek met die outo-immuunsiekte lupus gediagnoseer. Ek was nog nooit vantevore siek nie. Om chroniese medikasie te gebruik is moeilik. Ledemate wat pyn en uitputting is onder meer simptome, maar ek is glad nie siek nie en geniet die lewe,” het sy daaroor in ons September-uitgawe gesê.

Lees die volledige artikel HIER.  

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Bronne: Daily Mail en Billboard

Lees ook