FOTO Twitter

FOTO Twitter

Het jy gehoor?

Selena het nou ’n wasbeeld

Die Latynse sanger Selena Quintanilla, wat in 1995 doodgeskiet is deur die voorsitter van haar aanhangersklub, Yolanda Saldívar, het nou haar eie Madame Tussauds-wasbeeld. 

Vir jare het haar aanhangers gevra dat sy ook haar eie wasbeeld moet kry en verlede Dinsdag is dit uiteindelik onthul.

Die onthulling was ter viering van haar laaste album wat 21 jaar gelede uitgereik is. Die beeld se waarde is $350 000 (sowat R5 miljoen), berig Billboard.

Sy is nie al bekende wat op dié manier vereer is nie. Toe die Grammy-wenner Beyoncé in 2012 ’n wasbeeld gekry het, is daar meer as 200 mates van haar gesig geneem. En haar grimeerkunstenaar was ingeroep om die grimering vir die beeld te help kies.

Kyk die proses hier:

Ander bekendes met wasbeelde

Daar is 20 Madame Tussauds-museums wêreldwyd. En byna elke internasionale celeb aan wie jy kan dink, het ’n wasbeeld.

Britse sanger Sam Smith

Selfie-koningin Kim Kardashian

Koningin Elizabeth II

Britse aktrise Helen Mirren

Hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton

Prins Harry

Hollywood-aktrise Sandra Bullock

Lees nou

Honde kan verstaan wat jy sê!

Die vreemdste goed in Kim Kardashian se yskas

Italiaanse aardbewing: Hond gered ná 9 dae