FOTO Instagram / @selenagomez

FOTO Instagram / @selenagomez

Het jy gehoor?

Selena praat meer oor haar stryd

Te lank het sy baklei, skryf die Amerikaanse sanger Selena Gomez. Sy het altyd gevoel sy moes perfek wees, die perfekte beeld vir die wêreld uitstraal. Maar sy het die eerste keer in jare na haarself geluister. Gestop, eerlik gewees.

Ná weke uit die kollig – Selena het haarself in Oktober in ’n rehabilitasiesentrum laat opneem – is sy terug. Die regte Selena, met “duike” en “krake”.

Sy het ná maande weer iets op Instagram gedeel met haar 103 miljoen volgelinge, die meeste aanhangers wat enige bekende op dié platform het.

Sondag het Selena ’n emosionele toespraak gelewer by die American Music Awards. Sy het haar eerste AMA-toekenning gewen vir gunsteling- vroulike rock/pop-kunstenaar, berig E! News.

“Ek moes stop, want ek het als gehad. Maar in die binnekant was ek so gebroke. Ek soek nie erkenning nie, so ook het ek dit nie meer nodig nie … As jy gebroke is, hoef jy nie gebroke te bly nie.”

Kyk haar toespraak hier:

Haar toespraak het talle individue die wêreld oor aangeraak.

Lees nou

Tweede verloofring vir Miley Cyrus?

Jack Parow vrek oor braaibroodjies