FOTO: Twitter / @skynews

FOTO: Twitter / @skynews

Het jy gehoor?

Selfies maak dolfyn dood (video kan kykers ontstel)

Sinnelose selfies het veroorsaak dat ’n bedreigde baba dolfyntjie gesterf het, berig, RT.

Strandgangers van Santa Teresita, ’n vakansieoord in Argentinië, het die La Plata-dolfyntjie in die water gevind, dit opgetel en begin selfies neem. Die dolfyntjie, wat angstige gille gegee het, het toe weens ontwatering gesterf. Maar steeds ná sy dood het mense aanhou selfies neem.

Hulle het die dolfyntjie net daar op die strand gelos.

Net 30 000 La Plata-dolfyne is nog in die die wêreld oor en hulle kom slegs aan die kus van Uruguay, Brasilië en Argentinië voor, volgens Sky News

Waarskuwing: Video kan sensitiewe kykers ontstel

Is dit reg om saam met wilde diere selfies te neem?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Sky News, RT

Lees nou