Het jy gehoor?

Selfs Robert Pattinson voel selfbewus oor sy kurwes

Hy het aan usmagazine.com vertel dat Taylor se beminde spiere sy selfbeeld ’n knou gegee het. Dit het so ver gegaan dat hy wat Robert is, nou elke dag oefen om fermer te raak.

Taylor oefen glo twee en ’n half uur per dag! “Nadat ek gesien het hoe baie Taylor oefen, het ek besef hoe belangrik dit is om goed te lyk. Nou hoef ek nie meer my maag in te trek wanneer die kameras flits nie…” lag hy.

Hy het vir ses maande geoefen voor die produksie van Breaking Dawn deel 1, veral vir die slaapkamer-toneel saam met sy meisie, op en van die skerms af, Kirsten Stewart.

“Ek het ongelooflik hard geoefen en myself gedruk om so goed as moontlik te lyk vir daardie toneel. En ná die sekstoneel geskiet is, het ek dadelik gedink wat gaan ek eet,” skerts hy.

Breaking Dawn deel 1 begin 18 November 2011 in teaters landwyd draai.

  • Esna Stadler

    met of sonder spiere – edward is die beste – robert het nie spiere nodig om sexy te wees nie – net daardie skaam laggie en mooi oë en ons bene word lam ……………