Het jy gehoor?

Semi-soet-aktrise se splinternuwe haarstyl

Anel se haarkapper, Kim Franklin van Carlton Hair Sandton City, het twee weke gelede haar hare in dié drastiese nuwe styl gesny. “Ek het dit vir my self gedoen,” sê sy, al werk dit ook perfek vir haar karakter in die nuwe rolprent Klein Karoo.

“Ek was vir byna agt jaar blond. Die nuwe styl is drasties, maar dit is wonderlik. Ek is ʼn natuurlike rooikop en my man, James Alexander (The Wild se Tristan), sê hy is weer verlief op die student wat hy jare terug ontmoet het,” sê Anel. James het op Anel verlief geraak toe sy nog ‘n rooikop-student was.

“Ek het ʼn groot verandering nodig gehad, en ek was só op my senuwees. Maar nou’s ek so bly ek het dit gedoen!” het sy gesê.

[box:full:red:both]

Watter styl dink jy pas die beste by Anel?

[/box]

  • T Pace

    sjoe wat ‘n verandering… ek het dit ook jare terug gedoen en erg ontuis gevoel… weer terug na my blonde koppie….lol

  • Michele Hamman

    Het die fliek die naweek gekyk …. uitmuntend, hope fun en skreeu snaaks …. die varkie … was "to-die-for" snaaks.

  • Sorine

    Anel jou hare lyk pragtig! Die donker rooi pas uitstekend by jou vel.

  • Amanda

    Baie stylvol!

  • Monica

    Sy lyk eenvoudig fantasties!! Rooikoppe het in elkgeval BAIE meer pret.

  • Cecilia Steinberg

    Super "Like"!!!
    Baie stylvol en treffend.

  • Surina

    Dit pas pragtig by jou! Jy lyk stunning.

  • Christa Rabie

    Pragtige FOTO van ‘n PRAGTIGE dame (geneem deur Therése Rabie)!!

  • Gerda van der Linde

    Ek vrek nog altyd oor rooi kop kindertjies, so ek kan nie wag om te sien hoe die tweetjies se kinders eendag gaan lyk nie. Anel lyk stunning