Gerwen en haar man, Benjamin. FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Sepie-ster Gerwen praat oor ma-wees

Die pragtige Gerwen Simon, die kykNET-sepie Suidooster se Nicci October, het onlangs haar eersteling-seuntjie verwelkom. Sy en haar Franse man, Benjamin Weinheimer, kan nie genoeg kry van hulle klein Luca nie.

“Sy naam beteken lig. Ek het nog altyd van die naam gehou en dit kan maklik uitgespreek word in Afrikaans, Engels en Frans.”

Gerwen en Benjamin is al vier jaar getroud. Sy praat vlot Frans danksy die agt jaar wat sy in Frankryk was.

En watter taal gaan hulle die baba leer?

“Frans sal die huistaal wees. Maar ons sal graag wil hê hy moet ook Engels, Afrikaans en Xhosa praat.”

Die pragtige Gerwen en klein Luca.
FOTO Verskaf

Ma-wees het haar verander, erken Gerwen.

“Ek dink ek is meer compassionate as tevore. En ek waardeer slaap nóg meer!

“Ek is verlief op hierdie klein seuntjie. Hy’s my alles. Niks kan jou hierop voorberei nie. Dis uitputtend en verfrissend. Somtyds wonder ek of ek die regte ding doen en of ons goeie ouers gaan wees. Maar wanneer ek na sy gesiggie kyk, gee dit my ’n doel. Ek wil ’n beter persoon en ouer wees.”

En Benjamin?

“My hart smelt. Om hom in die rol van pa te sien, ná 12 jaar saam, maak my net liewer vir hom. Hy laat dit so moeiteloos lyk. Hy’s baie betrokke en help met alles. Ek kan nie dink hoe mens hierdie alleen doen nie. Ek haal my hoed vir elke enkelouer af.”

Lees nou

Marciel skryf: “My boodskap aan elke meisie …”

Francois van Coke: Koel ou van die suburbs

Usain Bolt: Sy beste oomblikke en daai nugget-resep