Het jy gehoor?

Wat het Amalia, Flooze in gemeen?

Waldemar Schultz (Jan-Hendrik in 7de Laan)  

“As ek regtig gedwing word om te kies, dan sê my hart teater en my kop (lees: bankrekening) televisie – maar dan verkieslik dramas…”

Sorina die Flooze (7de Laan)

Dit is so moeilik om ’n medium uit te sonder of te favour, want [elk] het sy unieke ervaringe … Tans is ek verskriklik uitgehonger vir die teater, ’n ernstige teaterrol waaraan ’n mens kan kou, bloot vir die feit dat ek drama geswot het en nog altyd die ernstige emosionele rolle verkies het. Sorina Erasmus

Amalia Uys (San-Mari in 7de Laan)

Amalia Uys Van al die genres in die uitvoerende kunste is teater definitief my oogappel. Ek is mal oor televisie en film ook, maar niks kom by die gevoel van op ’n verhoog te stap voor ’n gehoor nie.

Hennie Jacobs (Diederik in 7de Laan)

Ek het my opleiding in teater ontvang so ek ken dit langer, maar my passie is maar die toneelspel en solank ek dít kan doen vir die res van my lewe, is die medium irrelevant. Hennie Jacobs

Ander sepiesterre op die verhoog by die KKNK:

Elsabé Daneel (Linda in 7de Laan), Maurice Paige (Calvin van Isidingo), Jody Abrahams (Donovan in 7de Laan), Crystal Donna Roberts (Janine in 7de Laan), Chris Vorster (Ryno Lategan in 7de Laan), Hannes Brümmer (Dominee Willie in Binneland), Ben Kruger (Neef Gert in 7de Laan), Christo Davids (Errol van 7de Laan), Shaleen Surtie-Richards (Nenna in Egoli), Theodore Jantjies (Xander Meintjies in 7de Laan), Chris van Niekerk (Francois Rossouw in 7de Laan) en Terence Bridgett (Jerome van 7de Laan).