cynthia_nixon_getty
Het jy gehoor?

Sex and the City-ster skeer haar hare af

Nixon (45) speel binnekort in die Manhattan-teaterklub se weergawe van Wit. Sy vertolk die rol van ‘n literêre professor met ‘n kankerstryd.

“Ek’t gedink dit is ‘n moeitelose haarstyl, maar nou moet ek dit élke dag skeer!” het sy gesê.

“Ek wou nog altyd sien hoe ek met ‘n kaalkop sou lyk, en ek hou daarvan. Ek dink ek gaan dit van nou af so dra,” het Nixon gesê.

Nixon self het tydens ‘n roetine-ondersoek in 2006 ‘n vroeë vorm van borskanker ontdek. Sy’t nie chemoterapie ondergaan nie, maar wel bestraling en sy neem steeds medikasie om dit te probeer voorkom.

  • Suzette van Zyl

    ‘n Pixie styl vereis ‘n Pixie -gesiggie….. hartvormig met fyn beenstruktuur, ‘n fyn neusie.. Baie min vroue kan daarmee wegkom, veral as swaartekrag begin inskop!