Penélope Cruz FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Sexyste vrou in die wêreld: Penélope Cruz

 

Op 40 is die Spaanse aktrise Penélope Cruz deur die manstydskrif Esquire as die sexyste vrou in die wêreld aangewys.

 

En met dié voorblad is dit moeilik om met hulle te stry! Penélope en  haar man, die akteur Javier Bardem, is die trotse ouers van die 3-jarige Leonardo en Luna (14 maande).

Penelope Cruz

Penélope en Jardiem was onlangs in Suid-Afrika terwyl Javier The Last Face saam met Charlize Theron in die Kaap geskiet het. Charlize se kêrel, Sean Penn, is die regisseur van dié fliek.

Nóg vroue wat al met dié titel weggestap het

  • Scarlett Johansson (2013, 2006) – sy was die eerste vrou om dié titel twee keer te wen
  • Mila Kunis (2012)
  • Rihanna (2011)
  • Minka Kelly (2010)
  • Kate Beckinsale (2009)
  • Halle Berry (in 2008 was sy op 42 die oudste wenner tot dusver)
  • Charlize Theron (2007)
  • Jessica Biel (2005)
  • Angelina Jolie (2004)
Charlize Theron is as Esquire se Sexyste vrou in 2007 aangewys

Charlize Theron is as Esquire se Sexyste vrou in 2007 aangewys

Lees ook