shak03
Het jy gehoor?

Shakira: “Ek’s meer ontspanne sedert ek ma geword het”

Die 36-jarige sangeres sê sy is verbaas hoe ontspanne sy is as sy by haar babaseun is. Die nuwe ma en die Spaanse sokkerheld Gerard Piqué het hul eersteling in Januarie verwelkom.

Gerard en Milan

FOTO: UNICEF via Gallo Images/Getty Images

“Almal het gedink ek gaan een van daardie histeriese ma’s wees. Selfs ek het gedink ek gaan baie meer beheer wil neem, omdat ek so is in my loopbaan. Ek hou daarvan om beheer te neem. Maar met Milan is ek ontspanne,” het sy aan InTouch Weekly gesê.

Milan

Maar sy erken ook dat ma-wees nie nét rustig is nie. “Ek geniet elke oomblik, maar ek het ‘n beroep en dit is bietjie stresvol.” Shakira moes slegs 2 maande nadat sy geboorte geskenk het, terug op die stel van The Voice wees waar sy ‘n beoordelaar is. “Ek kla nie, maar daar is baie uitdagings.”

Milan gaan soms saam met Shakira na die stel van dié realiteitsprogram wat Amerika se beste sangtalent soek. Kyk die oulike foto’s van Milan in die ateljee:

Shakira en Milan

Shakira sê sy het nog gewig om af te skud, maar sê haar gewigsverlies is te danke aan Zumba. “Selfs gedurende die swangerskap het ek Zumba gedoen – byna tot die einde toe. Maar nou met The Voice het ek nie tyd om te oefen nie, en as ek ‘n dag af het, wil ek eerder net by Milan wees.”