shakira
Het jy gehoor?

FOTO: Shakira en kêrel se baba byna hier

Die paartjie lyk stralend in ‘n reeks foto’s wat onlangs van hulle geneem is. Hulle het ook besluit om die koms van hul baba met ‘n liefdadigheidspartytjie te vier.

Die 35-jarige sangeres van Colombia, wat haar eersteling verwag, het bewonderaars genooi na ’n virtuele liefdadigheidspartytjie, oftewel die ooievaarstee. Hier kan ‘gaste’ babageskenke koop wat UNICEF (die Verenigde Nasies se Kinderfonds) sal versprei na die wêreld se weerloosste babas.

Shakira het mense via haar Twitterblad genooi om die geboorte van hul seun saam met hulle te vier.

Shakira nooi jou na haar ooievaarstee 

Die geskenke in Shakira en haar sokkerster-kêrel se virtuele leefkamer is onder meer muskietnette, polio-entstowwe en weegskale wat na arm kinders en gemeenskappe versprei sal word.

Shakira en Gerard Pique se virtuele leefkamer

‘Gaste’ word verwelkom deur ’n persoonlike video-boodskap van Shakira en Gerard en nadat jy ’n geskenk gekoop het, kry jy die geleentheid om eksklusiewe foto’s van dié paartjie te sien wat in Desember 2012 geneem is.

Kliek hier om na Shakira se ooievaarstee te gaan: http://shakira.socialtoaster.com/

Hier is die boodskap van die paartjie: