FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Shakira se post-baba lyf verstom!

Net 6 maande ná die geboorte van haar eersteling, verstom Shakira se lenige lyf die meeste mense op die voorblad van SELF.

Sexy ma! Shakira het haar eersteling in Januarie verwelkom en net 6 maande daarna dié foto vir die voorblad van die gesondheidstydskrif SELF geneem.

FOTO: Shakira en Gerard Piqué tydens haar swangerskap

 

 

Sy wys haar gespierde maag en lenige bobene wat getuig van ernstige toewyding! Dié sangeres en televisiepersoonlikheid was ná die geboorte van klein Milan gestres dat sy nie weer sexy sal wees nie. “My maag het soos ‘n Shar Pei gelyk!” spot Shakira.

JLo: ‘Ek was trots op my magie ná my swangerskap’

En nou deel sy haar geheim vir haar vinnige gewigsverlies. Sy skryf dit toe aan oefening tydens én na swangerskap. “Ek het Zumba gedurende my swangerskap gedoen. Dit het gehelp dat ek nie te veel gewig opgetel het nie.” En ná die geboorte het sy 4 – 5 keer ‘n week Zumba gedoen én sy het ‘n fiksheidsinstrukteur gehad. Dus: geen geheim nie, net baie harde oefening.

Twee minute van maagoefeninge is nie genoeg nie.

Die sleutel tot haar sukses is ‘n goeie houding. “Ek kwel nie oor my foute nie, want ek sien my liggaam as ‘n geheel. Buitendien, ek dink mans waardeer selfvertroue meer as perfeksie.

Ons hou van dié houding!

FOTO: Shakira en Gerard het tydens ‘n onlangse vakansie in Hawaii weggelê aan die plaaslike disse

Kate se keuse om nie haar mamma-maag te verbloem nie

Gisele se post-baba lyf

Daar is goeie rede dat Gisele Bündchen een van die wêreld se hoogs betaalde modelle is! Net twee maande nadat sy geboorte aan haar dogter geskenk het, het sy op die voorblad van VOGUE in ‘n bikini verskyn.

Gisele (32) en haar man die Amerikaanse voetbalspeler Tom Brady (35), is die ouers van Benjamin (3) en Viviian Lake (8 maande).